Internasionale vlugte na Bangkok
Thailand
Thursday, September 1, 2011
22 Januarie
Sondag
Aankoms by Suvarnabhumi lughawe & vervoer na hotel waar
ons kan rus of verken.
Hotel: Queen Lotus Guest House (3/4 nagte)
Kostes
Hotel: BHT 690pp per nag (ontbyt)
24 Januarie
Dinsdag
Treinrit (± 2 - 2.5 ure) na Ayutthaya waar ons fietse huur
en die dorp plat ry en verken!
Kostes
Trein: ± BHT 250
Ferrie van treinstasie na middestad: ± BHT 5
Fiets: ± BHT 50
25 Januarie
Woensdag
Die oggend klim ons op `n bus (± 2 ure) by die Southern Bus Terminal na Damnoen
Saduak Floating Market. Ons huur daar `n bootjie en verken die mark.
Die middag / aand vang ons `n vliegtuig of oornag trein +
bus na Krabi.
Kostes
Bus: ± BHT 150
Boot: ± BHT 1000 vir almal saam.
Vlug: BHT 1600pp / Oornag Trein + Bus: BHT 1000pp
26 Januarie
Donderdag
Ons bly 3 nagte (of 2 as ons die oornag trein gebruik) in Ao
Nang, `n kusdorp naby die Phi Phi eilande.
Hierdie dag gaan ons net rustig wees en verken, strand toe gaan of doen wat ons wil.
Hotel: Ao Nang Goodwil Hotel
Kostes
Vervoer na hotel: BHT 700 (Taxi - ek’s nie seker of dit pp
is nie. Moontlik per taxi, so ons sal 2 taxis nodig hĂȘ)
Hotel: BHT 750pp per nag (ontbyt)
27 Januarie
Vrydag
Vandag toer ons na die Phi Phi eilande per boot. Ons besoek onder
andere Phi Phi Ley (waar “The Beach” geskiet is) en ander kleiner eilande.
Aktiwiteite: snorkel, foto’s neem, tan, swem, verken,
middagete, ens.
Onthou jou sonskerm! J
Kostes
Boottoer: BHT 1500pp
28 Januarie
Saterdag
Ons vertrek die oggend 9h00 na Phi Phi Don waar ons gaan bly
vir 1 nag.
Vrye tyd op Phi Phi.
Aktiwiteite op die eiland sluit in bootritte, snorkel, stap,
masserings, ander spa bederwe, kooklesse, etes op die strand, slaap, lees, ens.
Hotel: Phi Phi Bay View Resort
Kostes
Ferrie na Phi Phi: BHT 550
Hotel: BHT 1800pp per nag
29 Januarie
Sondag
Vrye tyd op Phi Phi
Speedboat na Phuket: 14h30
Hotel: Loveli Boutique Guest House
Kostes
Boot na Phuket: BHT 600
Hotel: BHT 750pp per nag (ontbyt is NIE ingesluit nie)
30 Januarie
Maandag
Vandag is ons toer na Phang Nga baai. Ons gaan verskeie
eilande sien en besoek, o.a. “James Bond Island”, snorkel, middagete piekniek,
swem, grot verkenning, see kanoe en sea gypsy village besoek.
Gaan kyk gerus na die toer wat ons saam met Simba Sea Trips
gaan doen.
Kostes
Boottoer: BHT 3400pp (insl. middagete & drankies)
1 Februarie
Woensdag
Vlieg na Chiang Mai en vervoer na die hotel.
Die aand besoek ons die bekende nag mark.
Hotel: Pat's Klangviang
Kostes
Hotel na lughawe: BHT 500
Vlug: BHT 1600
Lughawe na hotel: BHT 500
2 Februarie
Donderdag
Ons besoek die Hill Tribes vandag op `n dag ekskursie van 8h30
- 16h00
Ons word by ons hotel opgelaai en afgelaai, middagete is
ingesluit in die toer.
Kostes
Toer: BHT 1200
3 Februarie
Vrydag
Die jaarlikse Flower Festival begin vandag en ons gaan
definitief kyk wat daar aangaan. Behalwe daarvoor is die dag vry.
4 Februarie
Saterdag
Ons vlieg van Chiang Mai na Bangkok waar ons op ons
internasionale vlugte terug huis toe klim. Die skedule gaan baie belangrik wees - ons praat later weer hieroor.
Kostes
Hotel na lughawe: BHT 500
Vlug na Bangkok: BHT 1600
Subscribe to:
Comments (Atom)















